Kom toer gerus saam met ons Kwadratoer
Was jy al daar anderkant die Waterberg biosfeer se
Kabbelende riviere en die skaduryke oewerbos met jou Kwadra(Quad)?
Kom geniet die mooi van ons bosveld in die waterberge waar jy omring gaan wees met voels en wild soos:
• Koedoes
• Rooibokke
• Bosbokke
• Bosvarke
• Ribbokke ,ens
En self nou en dan die groot vyf.
Op ons roetes kan ook interesanthede soos Boesman tekkeninge raak geloop word.
Ons kom op n Vrydag middag –aand bymekaar waar ons die eerste aand se kamp opslaan , en almal gesellig verkeer om ook mekaar te kan leer ken.
Saterdag oggend kan ons die tente opslaan en op n 4x4 bakkie laai.
Die besluit word dan geneem deur die toergroep om saterdag aand terug te keer na die eerste bestemming.
Indien die kamp verskuif word sal daar saterdag aand op n asemrowende plek gekamp word.
Langs die lopende spruitjie tussen die klowe waar daar gekamp word, sal dit ontmoontlik wees vir gewone voertuie om te bereik. Ons sal dan toesien dat alle kosvoorade en kamp toeristing by u oornag bestemming sal wees.
Gedurende Saterdag sal daar n middag ete bedien word langs n verfrissende water stroompie.
Sondag oggend ry ons, ons laaste roete waarna elkeen terug keer na sy huistoe, al is dit noggals moeilik om terug te gaan na al die geraas van die stad, en die wonderlike stilte en kalmte van die bosveld agter te laat.
|